Baie geluk aan Reynard Jansen wat op 30 - 31 Augustus aan die eerste van die OP Gholfkampioen van Kampioene Toernooi, vir 2025/2026, deelgeneem het. Hy het met ‘n skitterende telling van 143 (71 & 72) uit ‘n veld van 50 spelers 3de geëindig. Die toernooi is oop vir alle top gholfspelers in die Oostelike Provinsie. Verskeie SA en provinsiale gholfspelers het deelgeneem.
Voorwaar ‘n uitstekende prestasie!!
Gholf is 'n sport waarin spelers verskillende toerusting gebruik om balle in 'n reeks gate op 'n kursus te slaan in so min as moontlik houe. Die moderne spel gholf het ontstaan in die 15de eeu in Skotland.
Gholf by Framesby is nou wel nie so oud, maar is 'n baie populere sport by Framesby. Ons speel regdeur die jaar gholf. Spanne word in die skole liga ingeskryf en ons neem deel teen verskeie skole in die Oos-Kaap en gaan op verskeie gholtoere deur die jaar. Ons speel elke jaar teen teen skole soos Outeniqua en Boland Landbou in die Suid- en Wes Kaap.
Gholf is 'n sport wat ons kinders dissiplene leer en help om onder druk te funksioneer.
GHOLF ORGANISEERDER
Mnr. J. de Jager

gholf nuus
September 15, 2025 | BY M Snetler
Jeandre opgeneem in op-gholfspan
September 06, 2023 | BY M Snetler
Baie geluk aan Jeandré Hattingh wat in die O.17 OP-Gholfspan opgeneem is.
gholfspan wen b-afdeling
September 06, 2023 | BY M Snetler
Framesby se Gholfspan het aan die 2023 Fynbos-Uitnodigingstoernooi in Eersterivier deelgeneem. Hulle is Saterdag met uitdagende weersomstandighede, wat die spel uitgestel het gekonfronteer, maar hulle was in staat om hul talent Sondag te wys en het die B-afdeling gewen. Ons is trots op ons gholfspelers wat die goue medalje huis toe gebring het! Ons wil graag ABC Pumps bedank vir die ondersteuning van ons span en vir die voorsienings waarmee hulle gehelp het.
framesby gholf
August 27, 2021 | BY M Snetler
Framesby het met drie gholfspanne aan die jaarlikse Eersterivier
Gholftoernooi deelgeneem. Framesby se A-span het ‘n derde plek behaal.
ZAHN DOEN DIT WEER!!
July 02, 2021 | BY M Snetler
Baie geluk aan Zahn Scholtz wat die Port Elizabeth Gholfklub kampioenskap gewen het! Zahn het met elf houe gewen met tellings van 82 en 78. Jy laat ons breë bors rondloop, Zahn!!
GHOLF
May 17, 2021 | BY M Snetler
Gholf: Interskole toernooi by St. Francis – 7 Mei 2021
Beste vyf tellings gekombineer:
1. Nico Malan 201
2. Framesby 191
3. Marlow 173
Baie geluk aan Zahn wat as beste speler van die dag aangewys is!
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"




