DIE SKOOL BESKIK ONDER MEER OOR DIE VOLGENDE FASILITEITE
Pawiljoen | Kafeteriakompleks | 3 rugbyvelde |
’n Atletiekbaan | 1 astro-hokkiebaan | 5 netbalbane |
6 tennisbane | 6 krieket-oefennette | 2 krieketvelde |
Voorlesinglokaal | Graadhoofdekantore | Videolokaal |
Videolokaal | Mediasentrum | Personeel rekenaarlokaal |
4 rekenaar laboratoriums | Fisiese Wetenskappe laboratoriums | Biologiese Wetenskap laboratoriums |
Musiekkamers | Ingenieurstekene lokaal | Tegnologie lokale |
Verbruikerstudie kombuise | Kondisioneringsentrum |
sonpanele
Die sonpanele is tydens die skoolvakansie geïnstalleer. Hierdie toevoeging sal groot kostebesparings vir die skool inhou.
NUWE ALLESOMVATTENDE TUISTE!
Die groot gewerskaf begin Januarie 2021. Argitek, Mark Bradshaw, werk nou saam met verskeie rolspelers om te sorg dat die projek teen Junie 2021 voltooi is. Die studente-sentrum sluit aan by die rééds voltooide Astro-hokkiebaan en die sintetiese netbalvelde. Die kafeteria sal ná die sportaktiwiteite ‘n heerlike lafenis vir moeë en seer lywe wees.
Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf. Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navors- ings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is.
Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel.
Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skool- gronde wees – ‘n tuiste weg van die huis.
Ons skool gebou kry 'n nuwe baadjie
OPKNAPPING VAN TERREIN
Ons is hard aan die werk om Hoërskool Framesby se terrein bietjie op te knap. Ons is tans besig om die skool te verf en het nuwe omheining om die C-veld opgerig. Ons het ook ‘n nuwe kolfbladroller gekoop en sien daarna uit om ons kolfblad in ’n puik toestand te kry. Hou hierdie spasie dop!!
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"