"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

ATLETIEK

Atletiek   Gholf    Hokkie   Krieket    Muurbal   Netbal    Rugby   Tennis

atletiek: HOOF

Mnr. Werner de Lange

img1457

INTERHUIS Atletiek program 2025

Atletiek Oefentye 2024

Untitled-2atletek-ofentye-2024

DRIEKAMP

BY M Snetler

Tiaan Peens het die naweek aan die African Cup Driekamp byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Hy het 15e van 29 deelnemers geëindig wat van regoor Suider-Afrika kom.
Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie om in internasionale geselskap so goed te presteer.

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

FRAMESBY SE LANDLOOP ATLETE LEWER BLINK VERTONINGS BY DIE ABSA RUN YOUR CITY 10KM

BY M Snetler

FRAMESBY SE LANDLOOP ATLETE LEWER BLINK VERTONINGS BY DIE ABSA RUN YOUR CITY 10KM
Hoërskool Framesby se landloop atlete het in hul massas opgedaag en uitstekend presteer in die Junior Afdeling se span- en individuele kompetisies.
Die dogters spanne het briljant gedoen met die A-span wat die spankompetisie gewen het, en die B-span wat die 2e plek behaal het. Die seuns het ook baie goed presteer en die A-span het ‘n 2e plek behaal, die B-span 3e en die C-span wat 4e geëindig het.
Ilke Wolmarans het ‘n 2e plek behaal in die Junior dogters afdeling met ‘n tyd van 44:16 vir die 10km. Dallian Oerson het ‘n 4e posisie behaal in die junior seuns afdeling met ‘n tyd van 35:45.
Ons sien uit na die komende seisoen onder leiding van Juf. Cronje, want as die deelname en die uitslae so goed is, kan
dit net ‘n baie baie goeie landloop seisoen wees.

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE

BY M Snetler

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE
Hoërskool Framesby se atlete het 6 medaljes by die afgelope SA Skole Atletiek-Kampioenskappe in die Paarl verower, waaronder 1 goud, 1 silwer en 4 brons medaljes. Die paalspringgroep onder leiding van die bekwame afrigting van Juan van Eyk het uitmuntend presteer en 1 goud en 3 brons medaljes verower. Dis voorwaar ‘n
merkwaardige prestasie en dit is ‘n bewys dat harde werk beloon word.
Kayden Thoressen, S/15, het die medalje aanslag gelei met ‘n goud en ‘n silwer medalje in onderskeidelik die paalspring (4.00m) en die driesprong (13.00m). Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat hy altwee items op presies dieselfde tyd moes doen, en dat hy net 3 pogings by die driesprong gehad het.
Die ander uitblinker van die byeenkoms is Lincoln Kunneke, S/15, wat ‘n brons medalje in die hamergooi (54.02m) en twee 7e posisies behaal het in onderskeidelik die diskus en gewigstoot items. Lincoln se hamergooi prestasie was ook die 43ste beste vertoning vir die kampioenskappe onder al die items. Sy poging van 54.02m het aan hom 949 punte op die APE-tabel besorg.
Die ander brons medalje wenners is Zack Slabbert, S/15, wat ‘n persoonlike beste van 3.40m gespring het in die paalspring item. JJ de Lange, S/17, en Inge van Eyk, D/19, het ook brons medaljes behaal in hul onderskeie paalspring items, met hoogtes van 3.80m en 2.50m.
Die res van die atlete het as volg presteer:
6e - Tiané Slabbert - D/15 - Paalspring (2.40m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Diskusgooi (49.66m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Gewigstoot (14.50m)
11e - Juané Deysel - D/15 - Verspring (4.84m)
13e - Esri le Grange - D/17 Hamergooi (38.60m)
Uitdun - Juané Deysel - D/15 - 90m Hekkies (15.27s)
Bjorn Visser - S/15 - Hamergooi (NM)

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

TIAAN BEHAAL PUIK PRESTASIES WEEREENS BY DIE DRIEKAMP

BY M Snetler

Hoërskool Framesby se top Driekampatleet, Tiaan Peens, het tydens die 2024 Africa Triathlon Junior Cup in Maselspoort uitmuntend presteer. Tiaan het ‘n 10e plek in die Junior Mansafdeling behaal. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat dit ‘n internasionale byeenkoms met atlete van reg oor Afrika was
deelgeneem het.

read more...
 March 18, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

15 FRAMESBY ATLETE IN DIE ASA OP-ATLETIEKSPAN OPGENEEM

BY M Snetler

15 atlete van Hoërskool Framesby is in die ASA OP-Atletiekspan opgeneem wat vanaf 21-23 Maart gaan deelneem by Pilditch in Pretoria aan die Suid-Afrikaanse Jeug en Junior Atletiek Kampioenskappe.
Die volgende atlete gaan die OP verteenwoordig:
Dogters
• Juané Deysel - D/16 90m Hekkies en Verspring
• Tiané Slabbert - D/16 Paalspring
• Micaela Potgieter - D/16 Paalspring
• Minke van der Merwe - D/16 Verspring en Hoogspring
• Elmé Vermaak - D/16 1500m Hindernis
• Kayla du Preez - D/16 100m
• Kylie Klaasen - D/18 - Driesprong
• Inge van Eyk - D/20 Paalspring
Seuns
• Kayden Thoressen - S/16 Paalspring en Driesprong
• Jano Janse van Vuuren - S/16 Verspring en 100m
• Stefan Bosho - S/16 1500m Hindernis
• Lincoln Kunneke - S/16 Hamergooi, Diskusgooi en Gewigstoot
• Bjorn Visser - S/16 Hamergooi
• Dallian Oerson - S/18 1500m
• JJ de Lange - S/18 Paalspring

read more...
 March 18, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

9 FRAMESBY ATLETE IN DIE OOS-KAAP SKOLE ATLETIEKSPAN OPGENEEM

BY M Snetler

9 FRAMESBY ATLETE IN DIE OOS-KAAP SKOLE ATLETIEKSPAN OPGENEEM
9 atlete van Hoërskool Framesby is in die Oos-Kaap Atletiekspan opgeneem wat vanaf 3-6 April gaan deelneem by die Dal Josephat stadion in die Paarl aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Kampioenskappe.
Die volgende atlete gaan die Oos-Kaap verteenwoordig:
Dogters
• Juané Deysel - D/15 90m Hekkies en Verspring
• Tiané Slabbert - D/15 Paalspring
• Esri le Grange - D/17 Hamergooi
• Inge van Eyk - D/19 Paalspring
Seuns
• Kayden Thoressen - S/15 Paalspring en Driesprong
• Zack Slabbert - S/15 Paalspring
• Lincoln Kunneke - S/15 Hamergooi, Diskusgooi en Gewigstoot
• Bjorn Visser - S/16 Hamergooi
• JJ de Lange - S/17 Paalspring

read more...
 March 18, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...