FRUKKERS MAAK ONS TROTS
2024
Framesby se Raad vir Uitvoerende Kunste het hierdie jaar twee komedies op die planke gesit: Die VVVVVV en Die Roadtrip. Beide is baie goed ontvang deur die gehore by ons twee toneelaande, waarna Die VVVVVV aan die Montagu Youth Arts Festival gaan deelneem het. Daar het hul ‘n hoë silwer vir die produksie ontvang, asook silwer vir die meeste van die rolspelers. John-Louis Vosloo as KKK en Adriaan Ehlers as BBB het met goue toekennings uitgestaan. Die stel het ‘n goue toekenning ontvang en die seuns was ook onder die nominasies vir beste ensemble-spel. Beter nog as die toekennings was lede van die gehoor wat hul die volgende dag in die dorp voorgekeer het om te sê hoeveel hulle die vertoning geniet het. Baie geluk aan mevv. Chrismarie Potgieter en
Mariska Basson. Die Roadtrip het aan die Gqeberha ATKV-tienertoneelstreeksfees by die Little Theatre deelgeneem
en ‘n Brons-sertifikaat vir die produksie, silwer vir die verhoogbestuurders (Elne Burger en Francois Smit) asook vir die
klankoperateur (Yeliza Botha) ontvang. Refilwe Mabalane het goud ontvang as beligtingsoperateur en ook ‘n nominasie in die kategorie: beste beligtingsoperateur. Baie geluk aan mev. Marika Strydom en me. Ielene Adendorff wat hier die leiding geneem het.
SNEEUWITJIE VAN WINTERVILLE 2023
PUIK PRODUKSIE LAAT GQEBERHA REGOP SIT
Wat ‘n voorreg om met soveel pragtige, talentvolle en toegewyde kinders en onderwysers te kon werk. Teater gee geleenthede wat lewenslange vriendskappe en herinneringe bou en ons wens is dat dit ‘n absolute hoogtepunt in hulle skoolloopbaan sal wees.
Hierdie lekker Afrikaanse produksie was net moontlik met ‘n groot spanpoging. Dankie vir elkeen wat ondersteun, aangemoedig, aangery, gebou, geverf, toneelgespeel, gesing, gedans, agter die gordyne gewerk of op een of ander manier bygedra het tot hierdie produksie. Ons het soveel talentvolle en kreatiewe mense in die Framesby-familie. Ons hoop dat elkeen wat kom kyk het, huis toe gegaan het met ‘n stukkie plesierigheid in die hart en ‘n glimlag om die mond. Onthou: moenie te veel in die spieël kyk nie, kyk liewer in mekaar se oë … en harte.
DOING SHAKESPEARE
‘n Eerste vanaf die bestaan van FRUK!!
Ons doen dit in Engels!!
Vanjaar waag mev. Basson dit op die Engelse verhoog!
Die spelers is die volgende:
Caroline Morgan : Liza Smith
Dr. Williams : Chandré janse van Rensburg
Anna : Nicole Kruger
Rowan : Roché O’Neill
Jennifer : Cleandri Stoltz
Vivienne : Melissa le Grange
Pauline : Elmien Hartslief
Brad : Edrich Botha
Dean : Hugo Wium
Angela : Marné Olivier
Verhoogbestuurder : Karla Basson & Luané Rossouw
Doing Shakespeare is ‘n toneelstuk oor ‘n drama – onderwyser wat “Coriolanus’, een van Shakespeare se dramas wil opvoer, maar sy kry net sewe student wat kom vir oudisies. Die hoof vra haar om ‘n probleemseun van die skool te gebruik as deel van sy straf vir oortredings. Haar planne werk nie uit nie en sy besluit om ‘n samestelling van Shakespeare se bekendste gedeeltes op te voer – met probleemseun en al …
# EK OOK
Dramaturg:
Ignus Rademeyer
# ek ook vertel die verhaal van vier meisies in verskillende tye van hul lewens. Die vier stories word vervleg sodat die verhale later vertel word asof uit een mond, want hulle het almal die een donker geheim in gemeen. #ek ook vertel die gehoor van ‘n kindertyd met roomys,maar ook van grootmens wees met verlore onskuld en kanse.
Ignus matrikuleer in 2003 aan Hoërskool Framesby. Hy verweref sy B.Com – graad aan die US. Hy spesialiseer in inkomstebelasting aan TUKKIES. So tussen al die syfers deur het hy die rol van die konstabel in Reza de Wet se Mis en Antoine in Mirakel gespeel. Daarin slaan hy vir himself ‘n Showtime toekenning los.
REGISSEUR: MEV. C. POTGIETER
SPELERS : FAITH DAVIDS
KYLE GUNN
INGEBöRG JORDAAN
KAYLEE RUTTERS
INGE ZULCH
KLANK & BELIGTING: RUAN REINHARDT
DIE POTLOODDIEF EN DIE ENGEL
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"