Gholfspan maak skoonskip!
July 23, 2018 | BY W RauchFramesby se gholfspan het laat in verlede kwartaal ‘n uitnodiging ontvang om aan die prestige Cape Schools-toernooi deel te neem, en die span het die kans met albei hande gegryp!
Hulle het al hul wedstryde gewen en onoorwonne uit die stryd getree. In die proses het Dantré Haasbroek en Michael Randall nie een van hul wedstryde verloor nie. Die spanuitslae is as volg: Klop Rondebosch 6,5 – 2,5, wen teen SACS 6 – 3 en wen teen Wynberg 9 – 0. Dis werklik ‘n uitstekende vertoning!
Intussen het ons yster-dametjie, Zahn Scholtz, uitstekend gedoen deur 36ste te eindig in Benoni waar al die sterkste vrouespelers in Suid-Afrika deelgeneem het. Sy is dan ook ingesluit in die OP-vrouespan wat in Oktober in Stellenbosch gaan deelneem. Baie geluk, Zahn!
Baie geluk!!
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"