MB-inisiatief maak harte bly
June 18, 2018 | BY W Rauch‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met baie groot waardering begroet toe hulle ‘n hoërskool in Soweto on Sea, ‘n oorwegend informele nedersetting aan die buitewyke van Port Elizabeth, besoek het. By hierdie geleentheid is vroulike higiëne-geskenkpakkies aan ‘n groep dogters oorhandig.
Hierdie wonderlike gebaar is moontlik gemaak deur ‘n gees van omgee onder ons dogters. Die dogters van Framesby het hul harte en beursies oopgemaak en so bygedra tot ‘n besondere oomblik in ‘n groot groep minder bevoorregte meisies se lewe. Baie dankie aan almal wat bygedra het. Mag ons elke dag die nood van ander raaksien en ons medemens se belange bo dié van onsself stel. Framesby is baie trots op julle!
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"