"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

OP CRAVEN WEEK nuus

BY M Snetler

Verskeie van ons rugbymanne het die afgelope vakansie die provinsie verteenwoordig.
O.15-OP Rhino Week het in Vanderbijlpark plaasgevind. Die volgende Framesbyleerders
het ons verteenwoordig; Juan Baard (kaptein), Xander Minnie, Corné Scheepers, Zack
Serfontein en Jayden Smit. Van die drie wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle twee
gewen en een verloor (die finaal).


Stefan du Plessis en mnr Juhan Meyer (spanbestuurder/hulp-afrigter) het ons in die o.16-OP Vyftiental in Frankfurt verteenwoordig. Die span het drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het en een verloor het (die finaal).


Die o.16-OP Grant Khomo Week het in Witrivier plaasgevind. Damian Robberts en Mnr Francois vd Walt het Framesby daar verteenwoordig. Van die drie wedstryde het hulle een gewen en twee verloor. Hulle eindig in 6de plek.


Caden-Wade Finnis (o/kaptein) en Morné Prins was deel van die o.18 OP Akademiespan wat in Bloemfontein gespeel het. Hulle het twee wedstryde gewen en een verloor. Hulle eindig dus in 4de plek.


Die o.18-OP Cravenweekspan het in Bloemfontein gespeel. Mnr Christo Scriven het die leerders vergesel en ook gedien as hulp-afrigter vir die span. Die volgende leerders het in die toernooi deelgeneem; Sebastian Brandt, Ruan Smit, Ruan Claassen, Danie vd Merwe, Jeandré Liebenberg en Brandon Wilkie(kaptein). Die span het drie wedstryde gespeel, twee gewen en een verloor. Hulle eindig in 5de plek. Knap gedaan aan al ons leerders, sowel as ons personeel!

 July 17, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...