Janelle ons nuwe junior stadsraadlid
August 27, 2018 | BY M SnetlerFramesby is bevoorreg om twee verteenwoordigers te hê op die Junior Stadsraad van die Nelson Mandela Metropool. Hierdie raad bestaan al verskeie dekades en dit bied ‘n wonderlike geleentheid vir hoërskoolleerders om blootgestel te word aan ons diverse samelewing en verskille in menings.
Daar word van die verteenwoordigers verwag om aktief deel te neem aan die debatvoering tydens vergaderings en ook om betrokke te wees by die organisering van sekere geleenthede wat deur die raad geïnisieer word.
Ons wys elke jaar ‘n Graad 10-leerder aan om die uittredende Graad 12-verteenwoordiger te vervang en vanjaar is Janelle Whittle aangewys as ons verteenwoordiger saam met Eza Ferreira, wat nou haar tweede jaar sal dien. Baie geluk, Janelle! Mag jy ons naam hoog hou en wonderlike ondervinding opdoen!
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"