"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRUKKERS MAAK ONS TROTS

BY M Snetler

FRUKKERS MAAK ONS TROTS
Framesby se Raad vir Uitvoerende Kunste het hierdie jaar twee komedies op die planke gesit: Die VVVVVV en Die Roadtrip. Beide is baie goed ontvang deur die gehore by ons twee toneelaande, waarna Die VVVVVV aan die Montagu Youth Arts Festival gaan deelneem het. Daar het hul ‘n hoë silwer vir die produksie ontvang, asook silwer vir die meeste van die rolspelers. John-Louis Vosloo as KKK en Adriaan Ehlers as BBB het met goue toekennings uitgestaan. Die stel het ‘n goue toekenning ontvang en die seuns was ook onder die nominasies vir beste ensemble-spel. Beter nog as die toekennings was lede van die gehoor wat hul die volgende dag in die dorp voorgekeer het om te sê hoeveel hulle die vertoning geniet het. Baie geluk aan mevv. Chrismarie Potgieter en
Mariska Basson. Die Roadtrip het aan die Gqeberha ATKV-tienertoneelstreeksfees by die Little Theatre deelgeneem
en ‘n Brons-sertifikaat vir die produksie, silwer vir die verhoogbestuurders (Elne Burger en Francois Smit) asook vir die
klankoperateur (Yeliza Botha) ontvang. Refilwe Mabalane het goud ontvang as beligtingsoperateur en ook ‘n nominasie in die kategorie: beste beligtingsoperateur. Baie geluk aan mev. Marika Strydom en me. Ielene Adendorff wat hier die leiding geneem het.

 August 16, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...