"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

STACCATO MUSIEKAAND 19 OKTOBER

BY M ROODT

Op Dinsdag 19 Oktober het die Fantasia koor en Forte Instrumentale Ensemble ‘n baie genotvolle
musiekaand gelewer. Soos deur die musiekterm Staccato aangedui, was dit ‘n kort program, maar
daar was steeds ‘n heerlike verskeidenheid van items om by elke musieksmaak aanklank te vind.
Die aand is deur Forte afgeskop, wat ‘n medley van temas uit Pixar-films gespeel het. Deur die loop
van die aand was daar ‘n aantal soliste wat onder andere klavier, klassieke kitaar, saksofoon en
tromboon-solo’s gelewer het. Framesby se personeel het ook hul talente gewys. Mnr Garbers het
twee solo’s saam met die koor gesing. ‘n Sangduet deur mev. Nel en me. Gerber, asook mnr.
Barnard met sy konsertina, was ook baie gewild onder die gehoor. Die Fantasia koor, onder leiding
van mev. Rochelle Oelofse en met begeleiding deur lede van die musiekdepartement en spesiale
gaskunstenaars, het die aand afgesluit.
Die aand is baie goed ondersteun deur die deelnemers se familie en vriende en ons was ook
bevoorreg dat die verteenwoordiger van ABRSM, mev. Bridget Harrison, die aand met ons kon
meemaak. Ons sien baie uit na volgende jaar en hoop dat ons dan meer gereeld sal mag oefen en
groter gehore kan nooi.

 November 05, 2021
Comments (0)
Kultuur
M ROODT

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...