"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy
dsc0002-copy

SKOOLHOOF

Mnr Germishuys

Marius-germishuys

Oor die afgelope 25 jaar het Mnr. Germishuys in verskeie rolle by verskillende skole opgetree. Hy het 1994 by Hoërskool De Vos Malan as onderwyser begin en is in later jare bevorder tot departementshoof en adjunkhoof. Sy kwalifikasies sluit in : HOD (Handel) KT4, B.Tech (Handel) en VDO (Rekenaarstudie).
 
Mnr. Germishuys is met Annel getroud en het een dogter, Marné. Hy is ‘n gesinsmens en bring graag tyd, waar moontlik, met sy familie deur. Mnr. Germishuys glo dat die omgewing waarin leerders opgevoed word ‘n kardinale rol speel in hul ontwikkeling en dat hierdie omgewing dissipline, kennis en integriteit as hoekstene moet hê.

Achievements

Framesby kry wye erkenning

Img3398

Die Skoleondersteuningsentrum SOS ken ‘n eretoekenning aan Hoërskool Framesby vir die Top Afrikaanse skool in die Oos-Kaap toe.
202 onderskeidings
176 Baccalaureus-graadtoelatings
19de Nasionale posisie onder alle enkelmediumskole


Framesby is ook deur die Oos-Kaap departement as die topskool in Oos-Kaap aangewys.

FRAMESBY BARS VAN TROTS!

TOP AKADEMIESE SKOOL MET DIE TOP LEERDER IN DIE OOS-KAAP

Hoërskool Framesby as top akademiese skool in Oos-Kaap en Heila Oosthuizen as die topleerder in die Oos-Kaap aangewys.

420983144883439687125641630959999431855264n

Framesby se 1ste netbalspan eindig 12de in SA!

Netbaluistlae-sa-skole-1

NETBAL SA SKOLE DSTV UITSLAE:
12 & 13 JULIE 2024
Framesby o.19 vs Kombendlela 31-30 Wen
Framesby o.19 vs Klerksdorp 22-18 Wen
Framesby o.19 vs Ben Vorster 28-18 Wen
Framesby o.19 vs KiTwale 28-7 Wen
Framesby o.19 vs Shiamoya 22-37 Verloor
Framesby o.19 vs Diamantveld 27-21 Wen
Framesby o.19 vs Nelspruit 15-18 Verloor
Framesby o.19 vs Rustenburg Geen uitslag
Framesby eindig algeheel 12de in SA.

50 JAAR VAN UITNEMENDHEID IN AFRIKAANS

1974 - 2024

Fakkel-flitse-346-hr-6

Hoërskool Framesby High School
1966 - 1973
Op 19 Januarie 1966 betrek 117 Standerd 6’e (Graad 8’s) die nuwe skool in Framesby saam met 9 personeellede onder leiding van mnr. Dirk Visser. Die groep het bestaan uit 50 Afrikaanssprekende en 67 Engelssprekende leerders. Vir die volgende 8 jaar sou hierdie skool dubbelmedium-onderrig aanbied totdat ‘n tweede nuwe skool, wat in Westering gebou sou word, as Engelsmedium-hoërskool sy deure open. Westering High School het in 1970 sy deure geopen vir Standerd 6-leerders en geen nuwe Engelsprekende leerders kon voortaan meer by Framesby inskryf nie. Aan die einde van 1973 het die laaste groep Engelssprekende leerders aan Framesby gematrikuleer en vanaf Januarie 1974 staan die Hoërskool Framesby sy plek breëbors vol as die jongste Afrikaansmedium-hoërskool in die Oos-Kaap. Alhoewel Framesby nie meer Engelssprekende leerders kon huisves nie, word daar met baie groot waardering hulde gebring aan die Engelssprekende leerders wat in die eerste jare Framesby hul tuiste gemaak het, en saam gebou het aan die unieke karakter van die skool.
In die eerste 8 jaar van sy bestaan is die fondamente gelê waarop vandag steeds voortgebou word. Van begin is die kernwaardes vanuit ‘n Christelike perspektief hier gevestig en het die strewe na uitnemendheid op akademiese gebied, en ook op sport-en kultuurgebied, die karakter van die skool gevorm. Terselfdertyd het die skoolgemeenskap in die omliggende woonbuurte van Framesby, Westering, Linton Grange, Kabegapark, Sunridgepark, Cotswold en Lorraine hul gewig agter hierdie skool ingegooi. Een van die uitstaande kenmerke van daardie beginjare was juis die besondere wyse waarop die personeel, leerders en ouers saam skouer aan die wiel gesit het om Framesby binne ‘n baie kort tydjie te vestig as ‘n opvoedkundige pronkstuk.
Die skooldrag en skoolwapen is ontwerp en geregistreer, en buitemuurse aktiwiteite is in alle erns begin. Teen 1973 het die
skool reeds gespog met voldoende sportgeriewe en ‘n splinternuwe skoolsaal. Van die eerste jaar af het Framesby-leerders hulle stempel begin afdruk en was dit duidelik dat ‘n reus besig is
om in die westelike voorstede te ontwaak. Niks illustreer hierdie wil om te presteer beter as die verowering van in jare is die “magtige” Pearson onttroon en is ‘n era ingelui waarin Framesby die atletiektoneel in die Oostelike Provinsie totaal sou oorheers. Rugby, netbal en tennis het ook nie op hulle laat wag nie en teen 1973 was die eerste netbalspan reeds ‘n tweede jaar onoorwonne terwyl die rugbyspanne hulle deeglik laat geld het. Op kultuurgebied het Framesby veral op musiekgebied uitgeblink met wonderlike individuele talent, ‘n uitstaande koor en orkes. Toneel, debat en redenaars is ook baie suksesvol bedryf. Die tafel was gedek vir die nuwe era wat in 1974 sou begin: Die geboorte van Hoërskool Framesby en die begin van Handhaaf en Bou!


1974
Hoërskool Framesby
Die begin van ‘n nuwe era – Handhaaf en Bou!
Met die totstandkoming van die skool in 1966 is daar besluit om die naam van die skool te koppel aan die naam van die woonbuurt, en dat daat besluit sal word op ‘n meer “gepaste” Afrikaanse naam wanneer die skool Afrikaansmedium sou word. Een van die vroeë gunstelinge was die Hoërskool Patriot, maar teen 1974 was die naam Framesby reeds só gevestig dat daar besluit is dat die skool voortaan as Hoërskool Framesby bekend sal staan. Die skoolwapen is behou, maar die leuse Conserva et Extrue is verander na die Afrikaanse vertaling Handhaaf en Bou. ‘n Besondere skoolied, in keurige Afrikaans, is deur W.J.C. Visser geskryf en in April 1974 is die lied getoonset deur Professor J.H. Potgieter. Hierdie skoollied is word steeds met groot agting en trots gesing, en dien as ‘n herinnering aan dit waarvoor die Hoërskool Framesby staan”


Te handhaaf en bou is ons leuse,
dit na te volg eie keuse.
Ons neem al die mooi uit ons roemryk verlede,
en bou daarop graag 'n eervolle hede.
Wat sal skitter en blink soos die jare wyd kring,
As 'n taak met voldoening volbring.


Kan die karakter van Framesby beter in woorde uitgedruk word? Daar is oor die afgelope 58 jaar reeds só baie tradisies gevestig, wonderlike prestasies behaal, terugslae oorkom en bloed gesweet om fasiliteite daar te stel sodat hierdie skool toegeruste en gebalanseerde jong volwassenes die wêreld kon instuur. Voorwaar ‘n BAIE roemryke verlede waarop gebou moet word, maar waarvan dit wat van waarde is gehandhaaf moet word.
Die manier waarop die verlede werklik na waarde gehuldig kan word, is dat elke nuwe geslag moet streef daarna om ‘n eervolle hede te bou, ‘n hede waarna toekomstige geslagte kan verwys as hul roemryke verlede. En dan die kern van die lied: Ons doen al hierdie dinge sodat die verlede en die hede in die toekoms sal skitter en blink, en dat daar met voldoening daarna teruggekyk kan word. En as bewys van al die hedes wat vandag verledes is, en wat steeds skitter en blink, kan ons net kyk na al die oud-leerders wat vandag hul plek in die wêreld volstaan. Daar is so baie wat die hoogste sport in hul loopbane bereik het, maar daar is soveel meer wat binne hul gemeenskappe pilare is van uitnemendheid, omgee en hoop. Die Hoërskool Framesby kan met voldoening terugkyk en alle eer aan ons Hemelse Vader bring.
Hierdie karakter van Handhaaf en Bou is vandag steeds die hoeksteen van Hoërskool Framesby en daar word met groot toewyding elke dag gewerk daaraan die mees eervolle hede moontlik te bou. Die prestasies van die skool en die uitbreiding van die fasiliteite getuig van ‘n vasberadenheid om die skool as dié toonaangewende opvoedkundige instelling in die Oos-Kaap te vestig, terwyl dieselfde waardes wat reeds van die eerste jare af hier vasgelê is, steeds die kern vorm van die waardesisteem waarmee die leerders toegerus word.
Mag Hoërskool Framesby altyd Handhaaf en Bou, en die tuiste bly van mense vir wie Afrikaans hul trots is.
Ons staan vir niemand terug nie!

mnr en mej framesby 2024

Dmp8741.

Meneer Fotogenies - Ethan Gunn
Meneer Persoonlikheid - Juan Grigor
Tweede Prins - Ryan Rousseau
Eerste Prins - Juwan Wium
Meneer Framesby - Lafras Aylward


Mejuffrou Fotogenies - Chanté Kotze
Mejuffrou Persoonlikheid - Lené Barnard
Tweede Prinses - Carmen Delport
Eerste Prinses - Annica Botha
Mejuffrou Framesby - Marie-Louise Strydom

KLub 1000/100

Sluit aan by Framesby se Klub 1000/100 en word deel van ‘n skool van uitnemendheid. Na vele navrae van ons alumni is die konsep van dié Klub gebore. Klub 1000/100 gee almal die kans om steeds betrokke te wees by die skool en die blink toekoms daarvan te verseker. Dit maak nie saak of jy nog in Suid-Afrika of oorkant die waters bevind nie. Jy kan ‘n bydrae maak!


’n Maandelikse bydrae van R100 kan in die Framesby Opvoedkundige trust gedeponeer word. Hierdie trust word aangewend vir die welstand en vooruitgang van die skool. Die fondse sal deur die Trust bestuur word. Die aanwending van die befondsing sal bepaal word deur die skool en die Trust se komitee. Daar sal elke jaar ‘n finansiële verslag deurgegee en geoudit word. Die proses is dus deursugtig en lede kan sien hoe hul skenkings aangewend word.


PROSES OM BY DIE KLUB 1000/100 BETROKKE TE RAAK
1) Laai aansoekvorm van Hoërskool Framesby se webtuiste af.
2) E-pos voltooide vorm na rterblanche@framesby.co.za
3) U naam sal weekliks in die Fakkel-Flitse onder Klub 1000/100 lede verskyn.
4) Hou ons groeiende barometer dop. Dit sal op die voorblad van die Fakkel-Flitse verskyn.


Dankie aan oudleerders, ouers, onderwysers en passievolle ondersteuners vir u bydrae.

untitled-1

FRAMESBY VERWELKOM NUWE JUNIOR RUGBYHOOF

Framesby verwelkom vir Renier de Villiers.


Ek is in Oudtshoorn gebore en het in 2008 by Hoërskool Outeniqua gematrikuleer. Ek het Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Ek het my nagraadse onderwys deur Unisa voltooi. Ek is getroud met Joey de Villiers en het twee pragtige kinders, Jaan-Mari (4) en Christof (1). My nuwe portefeulje is hoof van Junior Rugby by Framesby.


Ek het vanaf 2015 - 2019 by HTS Drostdy in Worcester gewerk. Ek was hoofafrigter van die 1ste rugbyspan. Werk van 2020 tot nou by Hoërskool Waterkloof as hoë-prestasie bestuurder - Rugby. Ek is ook die assistent/agterlyn afrigter van die 1ste rugbyspan.


Spanne afgerig:
Dagbreek Manskoshuis, Stellenbosch - 1ste rugbyspan 2014, HTS Drostdy 0.15A asook hoofafrigter van die 1ste rugbyspan 2015 - 2019, Boland 0.16 Grant Khomo 2017, Boland 0.18 Cravenweek 2019, Boland 0.17 7’s 2016 - 2018, Hoërskool Waterkloof assistent/agterlyn afrigter 2020 - 2023, Blou Bulle 0.17 assistent/agterlyn afrigter 2023, Blou Bulle Skole - hoë prestasie afrigter 2022/23


Spanne gespeel:
Hoërskool Outeniqua 0.14A, 0.15A, 0.16A asook 1ste span 2007 en 2008, SWD Grant Khomo 2006, SWD Cravenweek 2007 en 2008 WP Rugby Instituut 2009, Maties Rugby 2010 - 2012, Dagbreek Manskoshuis 2010 - 2013.

image5.

ZANRI, SUID-AFRIKA SE 0/19 400M-HEKKIES KAMPIOEN!

ZANRI IS PURE GOUD!!

Zanri Black het by die SA-Skole Atletiek Kampioenskappe die 400m Hekkies vir o/19 Dogters in ‘n spogtyd van 1:00.18 gewen. Sy het nie net ‘n persoonlike beste tyd opgestel nie, maar het ook die wedloop op ‘n drafstap gewen en met meer as 2 sekondes voor haar naaste teenstander geëindig. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees. Benewens die goud in die 400m Hekkies, het Zanri haar veelsydigheid bewys en ‘n brons medalje in die 400m verower.

fakkel-flitse299-hr-1

OPEAAND 2023

MEER AS 340 GRAAD 7'S WOON OPEAAND BY.

OPEAAND 2023
Spieëltjie-spieëltjie aan die wand.. Wie is die beste skool in die land?... Framesby!
Framesby se opeaand tema vir dié jaar was feëverhale. Van sneeuwitjie, aspoestertjie tot Aladdin en Jasmine het die leerders by
elke toerstasie vriendelik ontvang. Soos almal nou al teen die tyd weet, gaan Framesby “all out”. Van die uitnodigings tot die saal
en ingangsportaal word mooi volgens die tema opgemaak. Elke toerstasie het met ‘n verskillende feëverhaal-karakter gespog.


Meer as 340 leerders het op Dinsdagmiddag ’n toer deur die skool geneem. Teen 18:00 was die saal stampvol en toe het die verrigtinge afgeskop. Mrs. Potts, Chip, Belle en die ondier (mnr. Germishuys) het die vermaak verskaf en Framesby se koor het ‘n pragtige vertoning gelewer. Elke spreker was ook volgens die Beauty and the Beast tema aangetrek. Na die verrigtinge in die saal het die ouers na die pawiljoen verdaag waar die graad 7’s hul dans (wat hul deur die loop van die dag geleer het) opgevoer het.

dmp7838
2023-uistslae-high-res

FRAMESBY KRY NUWE GIMNASIUM!

MET PUIK TOERUSTING EN ‘N GIMNASIUMBESTUURDER!
Hoërskool Framesby spog binnekort met ‘n splinternuwe gimnasium! Die huidige gimnasium word vergroot en heeltemal oorgedoen en sal Januarie 2023 vir die leerders gereed wees!

fhsg2 photo
fhsg3 photo
fhsg4 photo
fhsg5 photo

Die burger - 13 april 2021

Artikel oor Ellen Myburgh in Die Burger.

Afrikaanssentraalooskaap-pez13042021003pezos-dieburger

HOëRSKOOL FRAMESBY – NUWE ALLESOMVATTENDE TUISTE!

Dié hartklop van Hoërskool Framesby! Die nuwe studentesentrum word die kuier- en studieplek vir leerders.

Framesby-03

Die groot gewerskaf begin Januarie 2021. Argitekte, Mark Bradshaw en Shaun Ward van Bradshaw Architects, werk nou saam met verskeie rolspelers om te sorg dat die projek teen Junie 2021 voltooi is. Die studente-sentrum sluit aan by die rééds voltooide Astro-hokkiebaan en die opgeknapte netbalbane. Die kafeteria sal ná die sportaktiwiteite ‘n heerlike lafenis vir moeë en seer lywe wees.


Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf. Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navorsings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is.
Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel.


Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skoolgronde wees – ‘n tuiste weg van die huis.

FRUKKERS MAAK ONS TROTS

BY M Snetler

FRUKKERS MAAK ONS TROTS
Framesby se Raad vir Uitvoerende Kunste het hierdie jaar twee komedies op die planke gesit: Die VVVVVV en Die Roadtrip. Beide is baie goed ontvang deur die gehore by ons twee toneelaande, waarna Die VVVVVV aan die Montagu Youth Arts Festival gaan deelneem het. Daar het hul ‘n hoë silwer vir die produksie ontvang, asook silwer vir die meeste van die rolspelers. John-Louis Vosloo as KKK en Adriaan Ehlers as BBB het met goue toekennings uitgestaan. Die stel het ‘n goue toekenning ontvang en die seuns was ook onder die nominasies vir beste ensemble-spel. Beter nog as die toekennings was lede van die gehoor wat hul die volgende dag in die dorp voorgekeer het om te sê hoeveel hulle die vertoning geniet het. Baie geluk aan mevv. Chrismarie Potgieter en
Mariska Basson. Die Roadtrip het aan die Gqeberha ATKV-tienertoneelstreeksfees by die Little Theatre deelgeneem
en ‘n Brons-sertifikaat vir die produksie, silwer vir die verhoogbestuurders (Elne Burger en Francois Smit) asook vir die
klankoperateur (Yeliza Botha) ontvang. Refilwe Mabalane het goud ontvang as beligtingsoperateur en ook ‘n nominasie in die kategorie: beste beligtingsoperateur. Baie geluk aan mev. Marika Strydom en me. Ielene Adendorff wat hier die leiding geneem het.

read more...
 August 16, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Hoërskool framesby

Virtuele toer van hoërskool framesby

Kalender

  -
Son
Ma
Din
Woe
Don
Vry
Sat
01
02
03
04
05
06
07
08
09
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31

Gebeurtenisse

No events found for this day
Event Search


Advanced Search
SearchClear

FRUKKERS MAAK ONS TROTS

BY M Snetler

FRUKKERS MAAK ONS TROTS
Framesby se Raad vir Uitvoerende Kunste het hierdie jaar twee komedies op die planke gesit: Die VVVVVV en Die Roadtrip. Beide is baie goed ontvang deur die gehore by ons twee toneelaande, waarna Die VVVVVV aan die Montagu Youth Arts Festival gaan deelneem het. Daar het hul ‘n hoë silwer vir die produksie ontvang, asook silwer vir die meeste van die rolspelers. John-Louis Vosloo as KKK en Adriaan Ehlers as BBB het met goue toekennings uitgestaan. Die stel het ‘n goue toekenning ontvang en die seuns was ook onder die nominasies vir beste ensemble-spel. Beter nog as die toekennings was lede van die gehoor wat hul die volgende dag in die dorp voorgekeer het om te sê hoeveel hulle die vertoning geniet het. Baie geluk aan mevv. Chrismarie Potgieter en
Mariska Basson. Die Roadtrip het aan die Gqeberha ATKV-tienertoneelstreeksfees by die Little Theatre deelgeneem
en ‘n Brons-sertifikaat vir die produksie, silwer vir die verhoogbestuurders (Elne Burger en Francois Smit) asook vir die
klankoperateur (Yeliza Botha) ontvang. Refilwe Mabalane het goud ontvang as beligtingsoperateur en ook ‘n nominasie in die kategorie: beste beligtingsoperateur. Baie geluk aan mev. Marika Strydom en me. Ielene Adendorff wat hier die leiding geneem het.

read more...
 August 16, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

MONITORBESTUUR 2024/2025

BY M Snetler

Baie geluk aan die Monitorbestuur van 2024/2025!


Dogters:
Meriska Bouwer
Anri de Beer
Katie Horne
Zané Jubber
Ishca Maarman
Esmeri Oberhauser
Ané Retief
Ciarah Santos
Miné Stroebel
Simone Tobias
Alouise Vosloo
Ilke Wolmarans


Seuns:
Eden Calitz
Evan Claassen
JJ de Lange
Marko Delport
Logan Fleetwood
De Wet Gerber
Divan Koen
Christo Prinsloo
Ethan Terblanche
Leander Terblanche
Milan Terblanche
John-Louis Vosloo

read more...
 August 16, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

50 JAAR VAN UITNEMENHEID IN AFRIKAANS

BY W Rauch

Hoërskool Framesby High School
1966 - 1973
Op 19 Januarie 1966 betrek 117 Standerd 6’e (Graad 8’s) die nuwe skool in Framesby saam met 9 personeellede onder leiding van mnr. Dirk Visser. Die groep het bestaan uit 50 Afrikaanssprekende en 67 Engelssprekende leerders. Vir die volgende 8 jaar sou hierdie skool dubbelmedium-onderrig aanbied totdat ‘n tweede nuwe skool, wat in Westering gebou sou word, as Engelsmedium-hoërskool sy deure open. Westering High School het in 1970 sy deure geopen vir Standerd 6-leerders en geen nuwe Engelsprekende leerders kon voortaan meer by Framesby inskryf nie. Aan die einde van 1973 het die laaste groep Engelssprekende leerders aan Framesby gematrikuleer en vanaf Januarie 1974 staan die Hoërskool Framesby sy plek breëbors vol as die jongste Afrikaansmedium-hoërskool in die Oos-Kaap. Alhoewel Framesby nie meer Engelssprekende leerders kon huisves nie, word daar met baie groot waardering hulde gebring aan die Engelssprekende leerders wat in die eerste jare Framesby hul tuiste gemaak het, en saam gebou het aan die unieke karakter van die skool.
In die eerste 8 jaar van sy bestaan is die fondamente gelê waarop vandag steeds voortgebou word. Van begin is die kernwaardes vanuit ‘n Christelike perspektief hier gevestig en het die strewe na uitnemendheid op akademiese gebied, en ook op sport-en kultuurgebied, die karakter van die skool gevorm. Terselfdertyd het die skoolgemeenskap in die omliggende woonbuurte van Framesby, Westering, Linton Grange, Kabegapark, Sunridgepark, Cotswold en Lorraine hul gewig agter hierdie skool ingegooi. Een van die uitstaande kenmerke van daardie beginjare was juis die besondere wyse waarop die personeel, leerders en ouers saam skouer aan die wiel gesit het om Framesby binne ‘n baie kort tydjie te vestig as ‘n opvoedkundige pronkstuk.
Die skooldrag en skoolwapen is ontwerp en geregistreer, en buitemuurse aktiwiteite is in alle erns begin. Teen 1973 het die
skool reeds gespog met voldoende sportgeriewe en ‘n splinternuwe skoolsaal. Van die eerste jaar af het Framesby-leerders hulle stempel begin afdruk en was dit duidelik dat ‘n reus besig is
om in die westelike voorstede te ontwaak. Niks illustreer hierdie wil om te presteer beter as die verowering van in jare is die “magtige” Pearson onttroon en is ‘n era ingelui waarin Framesby die atletiektoneel in die Oostelike Provinsie totaal sou oorheers. Rugby, netbal en tennis het ook nie op hulle laat wag nie en teen 1973 was die eerste netbalspan reeds ‘n tweede jaar onoorwonne terwyl die rugbyspanne hulle deeglik laat geld het. Op kultuurgebied het Framesby veral op musiekgebied uitgeblink met wonderlike individuele talent, ‘n uitstaande koor en orkes. Toneel, debat en redenaars is ook baie suksesvol bedryf. Die tafel was gedek vir die nuwe era wat in 1974 sou begin: Die geboorte van Hoërskool Framesby en die begin van Handhaaf en Bou!


1974
Hoërskool Framesby
Die begin van ‘n nuwe era – Handhaaf en Bou!
Met die totstandkoming van die skool in 1966 is daar besluit om die naam van die skool te koppel aan die naam van die woonbuurt, en dat daat besluit sal word op ‘n meer “gepaste” Afrikaanse naam wanneer die skool Afrikaansmedium sou word. Een van die vroeë gunstelinge was die Hoërskool Patriot, maar teen 1974 was die naam Framesby reeds só gevestig dat daar besluit is dat die skool voortaan as Hoërskool Framesby bekend sal staan. Die skoolwapen is behou, maar die leuse Conserva et Extrue is verander na die Afrikaanse vertaling Handhaaf en Bou. ‘n Besondere skoolied, in keurige Afrikaans, is deur W.J.C. Visser geskryf en in April 1974 is die lied getoonset deur Professor J.H. Potgieter. Hierdie skoollied is word steeds met groot agting en trots gesing, en dien as ‘n herinnering aan dit waarvoor die Hoërskool Framesby staan”


Te handhaaf en bou is ons leuse,
dit na te volg eie keuse.
Ons neem al die mooi uit ons roemryk verlede,
en bou daarop graag 'n eervolle hede.
Wat sal skitter en blink soos die jare wyd kring,
As 'n taak met voldoening volbring.


Kan die karakter van Framesby beter in woorde uitgedruk word? Daar is oor die afgelope 58 jaar reeds só baie tradisies gevestig, wonderlike prestasies behaal, terugslae oorkom en bloed gesweet om fasiliteite daar te stel sodat hierdie skool toegeruste en gebalanseerde jong volwassenes die wêreld kon instuur. Voorwaar
‘n BAIE roemryke verlede waarop gebou moet word, maar waarvan dit wat van waarde is gehandhaaf moet word.
Die manier waarop die verlede werklik na waarde gehuldig kan word, is dat elke nuwe geslag moet streef daarna om ‘n eervolle hede te bou, ‘n hede waarna toekomstige geslagte kan verwys as hul roemryke verlede. En dan die kern van die lied: Ons doen al hierdie dinge sodat die verlede en die hede in die toekoms sal skitter en blink, en dat daar met voldoening daarna teruggekyk kan word. En as bewys van al die hedes wat vandag verledes is, en wat steeds skitter en blink, kan ons net kyk na al die oud-leerders wat vandag hul plek in die wêreld volstaan. Daar is so baie wat die hoogste sport in hul loopbane bereik het, maar daar is soveel meer wat binne hul gemeenskappe pilare is van uitnemendheid, omgee en hoop. Die Hoërskool Framesby kan met voldoening terugkyk en alle eer aan ons Hemelse Vader bring.
Hierdie karakter van Handhaaf en Bou is vandag steeds die hoeksteen van Hoërskool Framesby en daar word met groot toewyding elke dag gewerk daaraan die mees eervolle hede moontlik te bou. Die prestasies van die skool en die uitbreiding van die fasiliteite getuig van ‘n vasberadenheid om die skool as dié toonaangewende opvoedkundige instelling in die Oos-Kaap te vestig, terwyl dieselfde waardes wat reeds van die eerste jare af hier vasgelê is, steeds die kern vorm van die waardesisteem waarmee die leerders toegerus word.
Mag Hoërskool Framesby altyd Handhaaf en Bou, en die tuiste bly van mense vir wie Afrikaans hul trots is.Ons staan vir niemand terug nie!

read more...
 July 26, 2024
Comments (0)
Algemeen
W Rauch

VINNIGE NAVRAAG

Voltooi en stuur

KONTAK INLIGTING

Fisiese Adres: 
Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001
  
Posadres:
Posbus 28065
Sunridgepark, 6008
 
Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787
E-pos:
Algemene navrae - skoolhoof@framesby.co.za 

Bemarking: mediasentrum@framesby.co.za

Sport: cscriven@framesby.co.za
 
 
Facebook: Hoërskool Framesby

BELANGRIKE INLIGTING

Vinnige skakels

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...