William moker 140!!
February 25, 2019 | BY M SnetlerIn die afgelope week het William Moffat hierdie besondere prestasie behaal in die derdespanwedstryd teen Pearson. Hy het behoorlik onder die boulers ingeklim en in net 34 balle sy honderdtal bereik. Het was egter nie daarmee tevrede nie, en het voortgegaan om ná ‘n verdere 12 balle sy telling tot 140 te neem toe die Framesby-kolfbeurt tot ‘n einde gekom het.
In die proses het hy 19 viere en 9 sesse aangeteken. Sy honderdtal, wat 12 viere en 8 sesse ingesluit het, is ‘n nuwe rekord in Framesby!
Baie geluk, William!
Leave a comment
Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"
Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Hoërskool Framesby, Port Elizabeth, South Africa | website by