KWAGGA TOP TIEN
October 14, 2019 | BY M SnetlerFramesby se paalspring- en hammergooi-atlete het Vrydag, 11 Oktober aan 'n atletiekbyeenkoms in George deelgeneem. Verskeie skole regoor die land het deelgeneem - ten opsigte van hammergooi en paalspring die beste atlete in die land.
Ongelukkig kon die paalspringatlete nie deelneem nie. Daar was te veel junior atlete en die 0/15's het eers 19:00 klaar gespring. Die 0/16- en 0/17-atlete se kompetisie moes dus oorskuif na Saterdag. Framesby het nie beplan om oor te slaap nie en kon gevolglik nie verder deelneem nie.
Tiaan Erskine skitter en behaal met 60m 'n eerste plek
(seuns o/17) hammergooi. Hy reken in die proses af met een sy sterkste teenstanders vir 'n medalje by volgende jaar se SA Kampioenskappe.
Aiden Gericke behaal 'n derde plek met 29,7 in die (seuns o/14) hammergooi.
Creed Higgs behaal 'n 4de plek (seuns o/14) hammergooi en Casey van der Berg 'n 4de plek in hammergooi (seuns o/15).
Zander van Eyk behaal 'n 4de plek in die (seuns o/15) paalspring.
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"