fRAMESBY BEGIN DIE ATLETIEKSEISOEN OP ‘N HOË NOOT
September 23, 2022 | BY M SnetlerSlegs vyftien Framesby-atlete het aan die eerste atletiekliga wat by die Oval plaasgevind het, deelgeneem. Die toetsreeks en die lang winterseisoen het veroorsaak dat baie van ons topatlete nie deelgeneem het nie. Nietemin het ons die atletiekseisoen op hoë noot begin.
Twee atlete se prestasies wat ons wil uitsonder, is Shaun- Michael Sharneck wat ‘n afstand van 52,10 in die seuns 0.17-afdeling behaal het, asook Zanri Black wat ‘n eerste plek in die 200m
en 800m in die dogters 0.17-afdeling behaal het.
Die volgende atlete het ook uitstekend gevaar en onder die eerste drie plekke geëindig:
Eerste plekke:
• Jamie-Lee Bester (dogters 0/15- 3000m)
• JJ de Lange (seuns 0.15-paalspring)
• Alexia Meiring (dogters 0.15-paalspring)
• Inge van Eyk (dogters 0.17-paalspring)
Tweede plekke:
• Meke de Vries (dogters 0.15- 90m hekkies)
• Alouise Vosloo (dogters 0.15- 3000m)
Derde plek:
• Anneke Grobler (dogters 0.15-200m)
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"