framesby-atlete kook!!!
October 04, 2019 | BY M Snetler43 Framesby-atlete het die vakansie aan die Mosselbaai Top Tien-atletiekbyeenkoms deelgeneem (10 atlete se prestasies tel vir een span). Die 47 skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het die kompetisie baie straf gemaak. Framesby behaal 'n 6de plek uit 36 skole in die seunsafdeling. Die dogters behaal 'n 18de plek uit 35 skole. Algeheel behaal ons A-span 'n 11de plek uit die 47 skole.
Framesby verwerf 10 medaljes (m.a.w. die atlete eindig onder die eerste drie plekke):
GOUE MEDALJES
1. Tiaan Erskine- hamergooi (seuns 0/17)
2. Zanri Black- 300m hekkies (dogters 0/15)
3. Conrad Dames- driesprong (seuns 0/15)
4. Lize-Me Otto-3000m (dogters 0/19)
SILWER MEDALJES
5. Zanri Black- 400m (dogters 0/15)
6. Hugo Nothnagel- driesprong (seuns 0/15)
7. Wehan Smith- 800m (seuns 0/17)
8. Danika Marais- hoogspring (dogters 0/15)
BRONS MEDALJES
9. Casey van der Berg- SO/15- hamergooi
10. Michael Spinks- so/17- 110m hekkies
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"