ATLETE PRESTEER BY OP LANDLOOP KAMPIOENSKAPPE!
August 20, 2019 | BY M SnetlerDie OP-kampioenskappe het die afgelope naweek by St. Albans plaasgevind. Die kompetisie was
baie sterk en om onder die eerste drie atlete te eindig, was ‘n uitstekende prestasie. Die volgende
atlete het onder die eerste drie atlete geëindig: Zanri Black (dogters 0/14) derde, Anke Scheffer
(dogters 0/15) derde, Keigh-Lee van Tonder (dogters 0/16) tweede, Lize- Me Otto (dogters 0/19)
eerste, Wehan Smith (seuns 0/16) derde en Gerhard Venter (seuns 0/15) tweede. Zanri Black
behaal ook ’n algehele vyfde plek in haar afdeling, terwyl Anke Scheffer in die sesde plek vir
dogters 0/15 eindig. Gerhard Venter eindig ook in tweede plek van alle junior seuns. Baie geluk aan
al ons atlete!!
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"