"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Mischka doen dit weer!

BY Fanie Marais

Hoërskool Framesby se Kampioen Fietsryer Mischka Strydom het die afgelope vakansie weereens geskitter in die fietsry kompetisies waaraan sy deelgeneem het. Haar prestasies was so uitstekend dat sy weereens Springbok-kleure in fietsry verwerf het.


Tydens die 2018 SA Nasionale Fietsry Kampionskappe by die Bellville Velodrome het sy 2 goue medaljes, 4 silwer medaljes en 2 brons medaljes verwerf. Weens haar optrede en prestasies is sy ingesluit in die Junior Vroue Springbokspan wat Suid-Afrika van 5-19 Januarie by die Afrika Kontinentale Baan Fietsry Kampioenskappe in Pietermaritzburg sal verteenwoordig. Hoërskool Framesby en Mischka se ouers is verskriklik trots op haar wat op so ‘n jong ouderdom al gekies word om haar land te verteenwoordig en nog ‘n springbok vir Framesby op te lewer.

 January 10, 2019
Comments (0)
Fietsry
Fanie Marais

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...