"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

MUURBAL

Atletiek     Gholf     Hokkie      Krieket     Muurbal    Netbal     Rugby   Tennis  Swem

 

 

Beide dogters en sens speel muurbal by Framesby.  Die leerders oefen by Londt Park Muurbalbane waar volgende fasiliteite beskikbaar is:

 

  • Tien glas agtermuur muurbalbane
  • Saal met braaigeriewe, beskikbaar vir funksies
  • Pro-Shop op die terrein wat verskeie dienste aan die klub en lede bied
  • Elektroniese toegangstelsel en aanlyn besprekingsfasiliteite
  • Amptelike parkeerplek met sekuriteitswagte snags
  • Veilige speelarea vir kinders (terwyl ouers muurbal speel)
  • Lidmaatskap, ligas, toernooie, ens. 

ORGANISEERDER

Mnr. H Strydom

hendre-strydom

BUITESPORT

BY M Snetler

Leolin Pietersen en Simonique Grobler was genooi na die 2023 SA-Sportstoekennings-aand wat op 23 Maart in Pretoria plaasgevind het. Ons is baie opgewonde om u mee te deel, dat Leolin gekies is as die Senior Vroue trampolien gimnas van die jaar en Simonique Grobler as die Junior Vroue trampolien gimnas van die jaar. Dit is ?
baie groot eer en prestasie vir hulle 2 en ons is bitter trots op hulle.

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

krieket nuus

BY M Snetler

Dandre Henwick wat deel is van die OP o.14 Binnehuise
Krieketspan het goud teen WP in die finaal gewen. Dandre
is as kolwer van die toernooi aangewys. Gemiddelde lopies van 24.5 en 'n strike rate van 193. Hy is ook gekies om SA later die jaar te verteenwoordig.

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Krieket
M Snetler

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE

BY M Snetler

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE
Hoërskool Framesby se atlete het 6 medaljes by die afgelope SA Skole Atletiek-Kampioenskappe in die Paarl verower, waaronder 1 goud, 1 silwer en 4 brons medaljes. Die paalspringgroep onder leiding van die bekwame afrigting van Juan van Eyk het uitmuntend presteer en 1 goud en 3 brons medaljes verower. Dis voorwaar ‘n
merkwaardige prestasie en dit is ‘n bewys dat harde werk beloon word.
Kayden Thoressen, S/15, het die medalje aanslag gelei met ‘n goud en ‘n silwer medalje in onderskeidelik die paalspring (4.00m) en die driesprong (13.00m). Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat hy altwee items op presies dieselfde tyd moes doen, en dat hy net 3 pogings by die driesprong gehad het.
Die ander uitblinker van die byeenkoms is Lincoln Kunneke, S/15, wat ‘n brons medalje in die hamergooi (54.02m) en twee 7e posisies behaal het in onderskeidelik die diskus en gewigstoot items. Lincoln se hamergooi prestasie was ook die 43ste beste vertoning vir die kampioenskappe onder al die items. Sy poging van 54.02m het aan hom 949 punte op die APE-tabel besorg.
Die ander brons medalje wenners is Zack Slabbert, S/15, wat ‘n persoonlike beste van 3.40m gespring het in die paalspring item. JJ de Lange, S/17, en Inge van Eyk, D/19, het ook brons medaljes behaal in hul onderskeie paalspring items, met hoogtes van 3.80m en 2.50m.
Die res van die atlete het as volg presteer:
6e - Tiané Slabbert - D/15 - Paalspring (2.40m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Diskusgooi (49.66m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Gewigstoot (14.50m)
11e - Juané Deysel - D/15 - Verspring (4.84m)
13e - Esri le Grange - D/17 Hamergooi (38.60m)
Uitdun - Juané Deysel - D/15 - 90m Hekkies (15.27s)
Bjorn Visser - S/15 - Hamergooi (NM)

read more...
 April 15, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

TIAAN BEHAAL PUIK PRESTASIES WEEREENS BY DIE DRIEKAMP

BY M Snetler

Hoërskool Framesby se top Driekampatleet, Tiaan Peens, het tydens die 2024 Africa Triathlon Junior Cup in Maselspoort uitmuntend presteer. Tiaan het ‘n 10e plek in die Junior Mansafdeling behaal. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat dit ‘n internasionale byeenkoms met atlete van reg oor Afrika was
deelgeneem het.

read more...
 March 18, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

SWEM

BY M Snetler

Kaitlynne Horne het van die 15de tot die 19de Maart aan die
South African National Junior Swimming Championships
deelgeneem.
Hier volg haar uitslae:
Goud in 400m Vryslag
Silwer in 400m individuele wisselslag
Brons in 200m individuele vlinderslag

read more...
 March 18, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

SWEMUITSLAE:

BY M Snetler

Oos Londen
17 Februarie 2024


Kaitlynne Horne maak skoonskip en verower 1ste plek in die volgende items:
200m Vryslag
200m IM
200m Rugslag
200m Vlinderslag
400m Vryslag


Chloe Steyn verower die volgende posisies in die volgende items:
1ste 200m Borsslag
3de 50m Vryslag
3de 50m Rugslag
3de 10m Borsslag
4de 50m Vlinderslag
4de 100m Rugslag

read more...
 February 23, 2024
Comments (0)
Sport
M Snetler

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...